Welcome to GPSA.

The Weekly update to life in post-apartheid South Africa.

       
  GPSA Disclaimer    
   Weekly Joke

 

9 October 2008

Koos was walking through his veld one day when he spots someone drinking water from a pool.

He shouts, 'Moenie die water drink nie, dis vol skaap k*k'.

The other guy says, 'I'm Australian mate, speak English!'

Koos replies, 'Use both hands, you get more that way'.

--------------------------------------------------

Klomp Vrystaat boere hou vergadering met 'n dame van natuurbewaring oor jakkalse wat hul skape afmaai. Dame stel voor om jakkalse te vang en steriliseer om getalle te beheer. Een ou omie antwoord stadig: "Juffrou, jy verstaan nie ons probleem nie. Die jakkalse spyker nie ons skape nie -hulle eet hulle!"

--------------------------------------------------

South African ATM experience..

1. Take out card.
2. Turn around to look at queue of already exasperated faces.
3. Insert card wrong way around.
4. Take out card.
5. Insert card wrong way up.
6. Take out card.
7. Try to force card in.
8. With assistance of helpful white hands, eventually insert card.
9. Cannot remember PIN number.
10. Machine spews out card.
11. Repeat steps 1-8.
12. Enter PIN number wrongly.
13. Repeat steps 1-8.
14. Enter PIN number.
15. Try to read instructions.
16. Time up; machine spews out card.
17. Repeat steps 1-14.
18. Follow instructions; hit wrong keys.
19. Repeat steps 1-18.
20. Look back at freaked-out queue with look of "don't mess with me,
I'm on African time" (x5).
21. Punch in "Withdraw R25,00".
22. Repeat steps 1-20.
23. Punch in "Withdraw R50,00".
24. Wrong account / account empty.
25. Step out of line to scrutinise card for long time.
26. Return at midnight with buddies to carry off ATM.

-----------------------------------------------------

I visited South Africa and all I got was robbed.

-----------------------------------------------------

Hier's 'n oulike stukkie uit Rapport. Hoop julle geniet dit. Hierdie vrou het die wonderlikste sin vir humor.

Beste Mnr Mbeki
Verskoon my verwaandheid. Maar ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het. Of u my brief gaan lees, weet ek nie. Moontlik is u iewers in 'n verre land, besig om buitelandse beleggers te oortuig dat SA nes Kanaan van ouds, die land van
melk en heuning is. Min weet hulle dat die melk so suur is, jy kan joghurt daarmee maak.

En die heuning, wel, dit gebruik ons om gawe mense soos Robert Mugabe se mond mee blink te smeer. Of dalk, meneer die president, is u iewers by 'n mediese kongres. Besig om 'n aangrypende toespraak te lewer oor 'n sakie wat u tog so na aan die hart le. Die vigsprobleem, u weet, daardie siekte wat 'n
mens kry as jy nie agter jou ore was nie.

Mnr Mbeki, ek is nie 'n bitterbek nie. Ek is nie emosioneel nie. Ek ly nie aan post-traumatiese stres nie. Ek is net wat 'n mens sal noem ordentlik en indringend de donner in. Na 'n rustige naweek keer ek terug na my tuiste in Yeoville. My ou huisie wat reeds 3 jaar in die mark is. Maar niemand wil dit koop nie. Want:

(a) hulle wil nie in 'n voorstad van Lagos woon nie,
(b) hulle wil dit so na aan verniet moontlik hê,
(c) die banke weier om 'n verband te gee (of vra 'n belaglike deposito).

Die hek staan oop. Die hond is weg. My hart sit in my keel. Voor in die tuin lê my tennisraket. Toe weet ek. Statistieke het my ingehaal.

Ek is nie verknog aan 'n TV-stel, of 'n CD-speler, of 'n rekenaar, of 'n M-Net-dekodeerder, of 'n videomasjien, of 'n ketel, of 'n verwarmer, of 'n haardroer, of 'n selfoon, of 'n kamera, of tasse, of 'n strykyster, of klere, of beddegoed, of handdoeke, of skoene, of juwele, of parfuum, of 200 CD's, of enigiets waarop die bliksems nog hul hande kon lê nie. Die gevriesde vegetariese worsies inkluis.... En (sonder enige versekering) sal dit 'n wyle duur voordat ek weer enige van bogenoemde kan vervang. Maar, dink ek, terwyl ek my bene onder my invou en op my knieë neersak tussen die gemors wat oor die vloere gestrooi lê - dat hulle my Energade gedrink het, dis nou my dinges se deksel. 'n Vriend vertel my van 'n prostituut wat by hom gekla het dat een van haar klante haar besteel het..

"Maar weet jy, Francois," sê sy hoogs verontwaardig, "die geld is nie so erg nie. Maar die vark het al my Tab uitgedrink." En dis hoe ek nou voel.

Verontwaardig. Ontnugter. Teleurgesteld. Moedeloos. Soos derduisende ander mense. Wit en swart. Wat al moes deurloop. En die hemel weet, soveel het reeds met hul lewe daarvoor betaal. Mnr Mbeki, ek wil nie u probleme myne maak nie. Ai, hoe glip my pen nou. Ek is ook nie iemand wat erg aan betogings of enige verrigtinge van demonstratiewe aard nie. Dus huil ek maar op u denkbeeldige skouer. Elke enkele laai is uitgepluk. Die inhoud sorgvuldig deurgesoek vir enigiets waardevols. Pille, hoesstroop, sjampoe... is soos confetti rondgestrooi. Net die stof het hulle gelos.

In Essex het diewe onlangs in 'n huis op 'n sak poeier afgekom, gemerk Charlie. Dog toe hulle val met hulle neuse in die botter. En "snuif" tog te lekker aan die wit dwelm. Min wetend dat dit die stoflike oorskot van die huiseienaar se hond was. Gelukkig kan niemand jou sin vir humor steel nie.

Oral lê daar gebruikte kerse. En op my bed, 'n kombuismes. Ingeval iemand onverwags instap of wakker word? Volgende dag bel ek die polisie se noodnommer. "Ek is besteel!", verduidelik ek. " Kan jy my dalk help?" "Met wat?", vra sy. Ek is nie seker wat om te antwoord nie. My kennis van misdaadtaal is beperk. Miskien moet ek sê: "Met kaartjies vir die kriekettoets." Maar ek tel tot tien en begin van voor.

Dalk moet ek my laat herdoop. In Birmingham , Engeland het 'n Mej Nutting onlangs met mnr Toulouse getrou. Sy heet nou: Mevrou Nutting-Toulouse.

Eintlik mnr Mbeki, wil ek net my verligting teenoor u uitspreek. Want: hulle kon my vermoor het, vermink het, verkrag het. Maar deur die genade is ek net beroof.

Paraguay is die agtste mees korrupste land ter wereld. 'n Ruk terug is die hoof van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. En aangekla op negentien aanklagte van korrupsie. Maar ek is 'n burger van SA, 'n pragtige demokratiese land waar eerbaarheid aan die orde van die dag is. Waar diewe moet rekenskap gee van hul dade. Vra maar vir Hansie en dr Boesak.

Ek groet u in 'n gees van patriotisme.

NS. My beste wense aan mevrou. En as sy dalk 'n ekstra paar nr 7-tekkies het, stuur gerus aan. Twee linkervoete sal ook doen. Die diewe het vir my twee regtervoete gelos.

Thanks Glen, Herbie & Sammy

Search this site
powered by FreeFind
Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons License.