Welcome to GPSA.

The Weekly update to life in post-apartheid South Africa.

       
  GPSA Disclaimer    
   Weekly Joke

 

17 April 2009

Boer Piet, was in n motor ongeluk.

In die hof, is die vervoer maatskappy se hot shot prokureur besig om hom te ondervra.

Het jy, op die ongeluks toneel gesê: Eks orraait! vra die prokureur.
Piet: Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei, Bessie, op die sleepwas gelaai en...
Prokureur val hom in die rede: Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag. Het jy, op die ongeluks toneel gesê: Eks orraait! Ja of nee?

Piet: Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad...

Prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter: Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel, dat hierdie man, by die ongeluks toneel, aan die verkeersman gesê het dat hy oraait is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is bedrieër. Sê asb vir hom hy moet net die vraag beantwoord.

Teen hierdie tyd is die regter al redelik geintresseerd in Piet se storie oor Bessie, en sê vir die prokureur: Ek wil graag sy storie oor die koei hoor.

Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. Wel, soos ek gesê het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik n moerse trok van die kant af kom, n stop straat skip en my bakkie en sleepwa binne in hulle moer in ry. Ek is eenkant toe gegooi in n sloot en Bessie anderkant toe in n ander sloot. Ek was seer, nogals erg seer en wou nie beweeg nie.
In elk geval, ek het toe vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te luister na haar kreune. Nou, net na die ongeluk, kom daar n spietkop op die toneel aan en hy het ook Bessie se gekerm gehoor, so hy het toe nader aan haar gegaan. Nadat hy na haar gekyk het en die toestand gesien het waarin sy was, het hy sy pistool uitgetrek en haar tussen die oë geskiet.

Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nog steeds in sy hand, en hy vra: Hoe voel jy?
Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de HEL sou JY vir hom gesê het?

goverment

Loot

Thanks Sam & Doris

 

Search this site
powered by FreeFind
Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons License.